Thursday, June 7, 2012

Die volgende is vrae wat kom uit ou vraestelle. Dit handel oor die werk wat ons die laaste 6 maande behandel het. Jy kan dit gebruik om jou voor te berei vir die eksamen. Dit gee jou 'n idee van verskillende maniere hoe vrae gestel kan word.

Jy sal die antwoorde in jou notas vind indien jy dalk nie van die antwoorde ken nie. Moenie net sommer aanvaar dat jy nie die antwoorde ken nie. Gaan soek dan vir die korrekte antwoorde,dit is deel van die leerproses.

Ek gaan eers begin met Afdeling A tipe vrae.

1.  Verskeie moontlikhede word as antwoorde vir die vrae voorgestel.
     Skryf slegs die  letter (A-D) van die korrekte antwoord langs die betrokke
     vraagnommer neer.

1.1   Elemente bestaan slegs uit een soort  .....
    
A  molekules          B  atome          C  formules          D  verbindings

1.2   Watter deel van die atoom dra die meeste by tot sy gewig?

A  Die neutrone en die protone.
B  Die neutrone en die elektrone.
C  Die elektrone en die protone.
D  Die protone en die elektrone.

1.3   Watter een van die onderstaande is nie 'n element nie?

A  Alluminium          B  Jodium          C  Chloor          D  waterstofchloried

1.4  C is die simbool vir die element .....

A  Kalium          B  Kalsium          C  Koper          D  Koolstof

1.5  Watter een van die onderstaande formules is dié van 'n oksiede?

A  NaNO3          B  CaS          C  MgO          D  MgSO4

 1.6  Die simbool vir die element kalsium is .....

A  Cl          B  Ca          C  C          D  Cu

1.7  Uit hoeveel atome bestaan twee watermolekule (2H2O)?

A  3          B  5          C  4          D  6

1.8  Watter een van die vergelykings is gebalanseerd?

A  H2  +  OH2O                    B  2H2  +  O2H2O
C  2H2  +  O2  →  H2O             D  2H2 +  2O2  →  4H2O

1.9  'n Atoom is .....

A  die kleinste bousteen van materie.
B  'n kombinasie van twee of meer elemente.
C  'n stof wat uit verskillende elemente bestaan.
D  'n verkorte manier om 'n verbindingof element te beskryf.

1.10  As 'n chemiese formule eindig met SO4, is dit die formule van .....

A  karbonaat          B  sulfaat          C  sulfied          D  nitraat

1.11  Watter van die onderstaande is nie 'n gebruik van waterstof nie?

A  Dit word gebruik vir die bereiding van soutsuur en ammoniak.
B  Dit help mense met asemhalingsprobleme om asem te haal.
C  Dit word gebruik om "vloeibare" olies te verhard in die maak van margerien.

1.12  Watter apparaat word gebruik om voorwerpe of organismes wat nie met die
         blote oog gesien kan word nie te bestudeer?

A  handlens          B  Mikroskoop          C  Teleskoop  D  Vergrootglas

1.13  Indien ‘n chemiese stof toksies is beteken dit dat die stof  ...

A  vretend is.          B  vlambaar is.          C  verbranding onderhou.          D  giftig is.

1.14  Die veranderlikes in ‘n ondersoek is  ...

A  al die faktore wat die ondersoek kan beïnvloed.
B  al die lesings wat tydens die ondersoek geneem word.
C  al die apparaat wat tydens die ondersoek gebruik word.
D  die resultaat aan die einde van die ondersoek.

1.15  Watter feit i.v.m. elemente is nie waar nie? Elemente is   ..........



A  die eenvoudigste stowwe omdat hulle net een soort atoom bevat.
is onsuiwer stowwe.
word in twee groepe verdeel, nl. metale en nie-metale.
word op die periodieke tabel gerangskik volgens die hoeveelheid protone wat in die  
     kern van die atome voorkom.

1.16  Watter een van die volgende is nie ‘n formule nie?

A        NH3          B  CO          C  H2O          D  Cl


1.17  Suurreën is hoofsaaklik te wyte aan  ...  in die atmosfeer.


A  koolstofdioksied          B  ammoniak          C  swaweldioksied          D  waterdamp

1.18  As ‘n suur met ‘n metaal reageer, is een van die produkte  .....
A   ‘n sout          B  suurstof          C  koolstofdioksied          D  water

1.19  Voltooi die chemiese vergelyking vir die bereiding van koolstofdioksied                       
         CaCO3 + 2HCl à .......    

A  CaCl2 + H2O + CO2
B  CaCl2 + H2O + CO3   
C  2CaCl + H2O + CO2  
CaCl2 + 2HO + CO2  

1.20  Diatomiese molekules is molekules wat ...

A  uit twee atome bestaan.
B  uit twee atome van dieselfde soort bestaan
C  uit een soort atoom bestaan.
D  uit twee verskillende atome bestaan

Ek vervolg more met nog Afdeling A tipe vrae.

Sterkte met die voorbereiding vir die NW.


1 comment: